PRESIDENT’S REPORT 

MERINO SA November 2015  Wat maak van Merino SA die leier op sy gebied?  Wat maak van Merino SA die leier jaar na jaar? DGert Smitie antwoord kom van ‘n onverwagse oord.  Tydens ‘n radio onderhoud met ‘n jong opkomende sanger word die storie vertel van die kits sukses wat hy bereik en sy album wat binne ‘n rekord tyd goue status bereik.  Die ander kant van die muntstuk vertel die storie dat hy die goue status van sy album in die tronk op verskeie aanklagte gevier het.  Die vraag van die omroeper was hoe dit moontlik was?  Eenvoudig was die sanger se antwoord,  enige iemand kan sukses behaal maar die eienskap wat jou bo hou is karakter en integriteit, en ek het nie daardie eienskappe gehad nie.  Dit is die karakter en integriteit van sy lede wat van Merino SA die wêreld leier maak.

Uit elke streek kom ongelooflike verhale van sukses.  By die Merino Classic word groot getalle Merino’s van hoogstaande gehalte vertoon.  Produksieveilings bereik nuwe omset en rekord gemiddelde prys per ram.  Ongelooflike entoesiasme tydens Merino kursusse by Elsenburg en Graaff-Reinet.  Uitstaande prestasie met Merino kudde by Grootfontein.  Nampo bars uit sy nate en MOK3 kom met nuwe inisiatiewe.  Tuks betrek Merino SA vir ‘n Merino kursus.  Entoesiasme van telers met die ooikudde kompetisies.  NWKV probeer volhoubare ram teelskemas in die Oos Kaap vestig met die moontlikheid van nuwe toetreeders.

Die voorreg wat telers vandag het om betroubare syfers van hul diere beskikbaar te hê is grootliks te danke aan die ontwikkeling, deusettingsvermoë en visie van die voorgangers in Merino SA.  Dieselfde erkenning vir die suksesse die afgelope tyd moet ook aan die uittredende raadslede gegee word.  Julian Southey, President vir sy leierskap en visie,  Frederik Neethling, vise president vir sy entoesiasme en Stefan Naude vir sy ervaring.  Julle laat diep spore en groot leemtes wat gevul moet word.  So ook vir Danie Vorster en sy personeel vir hulle onberispelike hantering van die kantoor en alle Merino aangeleenthede.

Die sentrale boodskap gedurende die Wêreld Merino Konferensie in 2014 was “adapt  or die”, of minder kras gestel, pas aan by die veranderde omstandighede en tye om in die toekoms relevant en mededingend te wees.  Merino telers is die meesters met dié konsep en vandag is die Merinoskaap in Suid Afrika gehard, aanpasbaar, vrugbaar, het uitstaande moeder eienskappe en is die beste omsetter van veld in hoë waarde produkte soos lamsvleis en superieure kwaliteit wol.  Dit laat my glo in die toekoms van landbou in ons land.

Nie net is die Merino SA op die voorpunt van die skaapbedryf nie, maar is in alle ondersteunende funksies die beste ter wêreld.  Die prestasietoets en BLUP fomules is baie deeglike navorsing en na praktiese toetse opgegradeer.   Wat ‘n voorreg om deel van so ‘n ongelooflike bedryf te wees en die entoesiasme  deur die hele proses waar te neem tot op grondvlak tydens skoue en kudde kompetisies.

Die hoogtepunt wat Merino SA bereik het met die Merino Wêreldkongres word goed voortgesit met die goeie lampryse en uitsonderlike wolprys gedurende 2015.  Konstante uitdagings bly altyd aan die orde van die dag met die meeste provinsies wat tot rampdroogte gebiede verklaar is.  In sekere streke is dit die tweede droë jaar in ‘n ry en plaas dit geweldige druk op die hulpbronne en op die finansiële status van die boere.

Deon Opperman skryf  “In elke mens, elke volk, elke nasie is daar ‘n kooltjie wat gloei en as jy toelaat dat ‘n windjie van verandering daaroor waai sal dit brand tot ‘n groot vuur.”  Ek glo dat in elke mens, elke droom, elke ideaal en elke wens ‘n kooltjie vuur gloei en as ons toelaat dat ‘n windjie van geloof, vertroue en volharding daaroor waai sal dit lei tot ‘n groot vuur en sal ideale en drome bewaarheid word.

Ek glo onvoorwaardelik dat God die aarde en alles daarop in die palm van Sy hand hou en dat niks sonder Sy medewete gebeur nie. Rom 5:3,4  Ons veheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof en egtheid van geloof kweek hoop, en die hoop beskaam nie.

CONTACT MERINO SA

PHONE: +27 (0) 49 892 4148

FAX: 049 892 4218

EMAIL: merinosa@eastcape.net

GOLD SPONSORS

            

SINCE 1937. A member of the World Federation of Merino Breeders. Merino SA serves as the mutual forum for registered and commercial Merino Breeders and acts as the planner and mouthpiece of all Merino affairs in South Africa.