Op Saterdag, 9 April 2016 is ‘n interessante Merinodag gehou te Laingsburg. Daar was ondermeer uitstallings van Merino’s, demonstrasies van skaapskeer, wolgooi, afrand van wol, en inligting oor roofdierskade by skape.

Die grootste opwinding was egter die Wolbaaldra kompetisie, waar deelnemers ‘n baal van 100 kg wol 40 meter ver moes dra (20 meter, omdraai en terug). Onder luide toejuiging en die wakende oog van beamptes het die manne hul slag gewys. Vir die meeste was dit ‘n groot prestasie om die baal net ‘n ent of die hele afstand te dra. Verskeie tegnieke is hiervoor gebruik, soos in die fotos gesien kan word.

 

Hierdie sterk manne het almal die 100 kg baal Merinowol 40 meter ver gedra.